Welcome to SA Hunting Rifle Shooting Association


Internasional Span Skiet - Privaat Spanne Uitnodigings

>>Span registrasie vorm<<

(Kapteins vul slegs een in per span vir die klas)

Privaat Spaninskrywings Proses – Suid-Afrikaanse Internasionale Uitnodiging Span Kompetisie 2025

 Tydens die 2025 SAHRSA Internasionale Uitnodiging (14–16 Augustus 2025 te Joubertina), nooi ons Privaat Spanne – skuts wat nie deel is van amptelike IHRSA-nasionale spanne nie – uit om mee te ding in ‘n spesiale Privaat Spankategorie.

 Hierdie spanne sal op dieselfde bane, volgens dieselfde reëls en program as die internasionale spanne deelneem, maar sal afsonderlik beoordeel word in hul eie kompetisie-afdeling.


? Wie mag inskryf?

  • Enige groep van 6 geldige skuts (lede of nie-lede van SAJSV) kan ‘n privaat span vorm.
  • Elke skut moet individueel vir die betrokke klas iaanlyn nskryf en deel wees van ‘n volledige span van ses om vir die spankompetisie in aanmerking te kom.

? Hoe om in te skryf as 'n Privaat Span

  1. Stel 'n span van 6 skuts saam en kies jou klas:
    • Ope Klas (Centerfire)
    • .223 Klas
    • .22LR/PCP Klas
  2. Elke spanlid voltooi die individuele aanlyn inskrywing en betaal die individuele én spaninskrywingsgelde.
  3. Een spanverteenwoordiger voltooi die spaninskrywingsvorm met die spannaam en die besonderhede van al 6 skuts.

Program Oorsig

14 Augustus – Ope Klas & .22LR/PCP

  • 07:00–08:30 – Registrasie en inskietbaan (250m) – Ope Klas
  • 08:45 – Verpligte baanpraatjie, daarna Ope Klas Ronde 1
  • 12:00–13:00 – Registrasie vir .22LR/PCP spanne
  • 13:00 – Verpligte baanpraatjie, daarna .22LR/PCP finale ronde

15 Augustus – .223 Klas

  • 07:00–08:30 – Registrasie en inskiet
  • 08:45 – Verpligte baanpraatjie, daarna .223 Ronde 1
  • 12:00–13:00 – Registrasie vir Joubertina 223/222 Distriksbyeenkoms, wat ook dien as Ronde 2 vir internasionale én privaat spanne

16 Augustus – Joubertina Ope / Internasionale Ope Klas Ronde 2

  • 07:00–08:30 – Registrasie en inskiet
  • 08:45 – Verpligte baanpraatjie, daarna Ope Klas Ronde 2

16 Augustus Aand

  • 18:30 – Formele prysuitdeling en aandete vir al die klasse: .22LR/PCP, .223, Ope Klas

? Inskrywingsfooie

SAJSV Lede:

Klas

Individuele Inskrywing +

Spanfooi (per skut)

Ope Klas

R450

R200 = R650

.223 Klas

R180 

R200 = R380

.22LR/PCP

Geen

R200

Nie-SAJSV Lede:

Klas

Individuele Inskrywing

Spanfooi (per skut) 

Ope Klas

R500 

R250 =R750

.223 Klas 

R230

R250=R480

.22LR/PCP

Geen 

R250 

 Let wel: Die .22LR/PCP-klas is uitsluitlik ‘n spanklas. Geen individuele inskrywing word vereis nie – slegs die spanfooi word betaal.

Betalingsbesonderhede / Payment Details

Rekeningnaam : SAHRSA

Bank: ABSA

Rekeningtipe: Cheque

Rekeningnommer: 405 332 9776

Verwysing: Van en Span


? Inskrywingsproses in Kort

  1. Betaal jou individuele én spaninskrywingsfooie.
  2. Voltooi die individuele aanlyn inskrywingsvorm. Merk in die nota dat u deel is van ‘n privaat span met u span kaptein se naam en heg bewys van betaling aan.
  3. Spankaptein voltooi die spaninskrywingsvorm met al 6 skuts se besonderhede.
  4. Registrasie voor kompetisie deur op tyd aan te meld by registrasie
  5. Bywoon die verpligte baanpraatjies voor elke ronde.
  6. Geniet die kompetisie en die internasionale sportskietgeesdrif!

? Navrae oor span inskrywings

Whatsapp Conrad by 0849022000 of epos secretary@sahuntingrifle.co.za





General Gallery
SA Open 2017 223 Class
Gauteng Open 2017
Safari Outdoor SA OPE 2018
IHRSA 2018 World Shoot
SA Open and Top50 2019
Highlights of the recent SA open held in Joubertina 17-18 May 2019
Oos Kaap Ope 2019
Ko-OP Oos Kaap Ope 2019
King Price Namibia International 2021
SA Open 2021
International 15-17 September 2022
SA 223 Top 30 Championships 2023
2023 SA 223 Championships action and results.

Designed And Developed by Dreamstate Interactive