Mpumalanga Open 2025 Online entries Closed![]() ONLINE ENTRIES CLOSED, contact organisers for information on how to enter on the day / AANLYN INSKRYWINGS GESLUIT, kontak organiseerders vir inskrywings op die dagMpumalanga Ope 2025Wanneer: Saterdag 22 Maart 2025 Waar: Plaas Bloemhof (MW Moolman) 16 km buite Volksrust. -27.294459, 29.997841 Tyd: Inskietbaan sal Saterdag beskikbaar wees vanaf 07:00 op eie risiko. Inskrywings 07:00 – 08:20. Opening 08:30 Inskrywings: Alle inskrywings by www.sahuntingrifle.co.za daar sal GEEN INSKRYWINGS OP DIE DAG AANVAAR WORD NIE. Koste: Alle lede R450-00 en Nie Lede R500. Daar sal koffie en beskuit wees met n braai pakkie en pap vir na die skiet. Formaat: 6 Bane 30 Skote oor bekende afstande Geweer: Slegs een senterslag jaggeweer vir totale kompetisie. Posisies: Sit, staan of lê met rus wat voorsien word, soos voorgeskryf op elke baan. Die doel van die kompetisie is om werklike jagtoestande na te boots. Reëls: Die kompetisie sal volgens die SAJGSV reëls aangebied word en meer inligting is beskikbaar by www.sahuntingrifle.co.za . Enige teleskoop. Afstandmeters toelaatbaar. Geen windmeters word toegelaat nie. Geen eie rus of dooierus hulpmiddels/toerusting sal toegelaat word nie. (Geen bipods toelaatbaar nie) Geweerbelde toelaatbaar wat geskik is om geweer veilig te dra en wat voor sowel as agter die snellerbeul heg. Bring saam: Geweer, lisensie, geweersak, oormowwe, 30 patrone en ekstra vir inskiet, stoel, hoed, sonbrandolie, bosluisweerder, bring eie water, koeldrank en eetgery. Daar sal geen koeldrank, water of kos te koop wees deur die dag nie. Verblyf: Volksrust Battlefields Lodge – 017 735 2450 Battlefields Guest House – 017 735 2202 Marlene’s Gastehuis – 082 370 4179 Volksrust Gastehuis – Morne Myburgh 082 456 828 Navrae: Elton Gross 082 388 6615. Bank Rek: Naam: E Gross Bank: Capitec Rek no: 195 627 3067 Tak kode: 470010 |
2025-12-31
What the SA Hunting Rifle Shooting Association is about Liga Jaargeld Registrasie en aansluiting 2025 - Doen dit aanlyn hier SAJSV Wildman Noord Kaap Kuruman Ope 2025 Aanlyn inskrywings Oop SAHRSA Safari Outdoor SA Open 2025 Online Entries closed South African Institute for Drug-Free Sport SA Huntingrifle Facebook Page |