Welcome to SA Hunting Rifle Shooting Association


Mpumalanga Open 2024 Online entries now open

>>Online entries here/ Aanlyn inskrywings hier<<

 Wanneer: Saterdag 4 Mei 2024

Waar: Ons kom by Piet se dam by mekaar vir die opening. Skiet vind op

Rushoek plaas. Van af Piet se dam sal ons met bakkies ry tot by die baan,

n kar sal nie daar kan kom nie. Na afloop van die skiet is die prysuitdeling en

braai weer by Piet se dam.

Tyd: Inskietbaan sal Saterdag beskikbaar wees vanaf 07:00 op eie risiko.

Inskrywings 07:00 – 08:20. Opening 08:30

Inskrywings: Alle inskrywings by www.sahuntingrifle.co.za daar sal

GEEN INSKRYWINGS OP DIE DAG AANVAAR WORD NIE.

Koste: Alle lede R450-00, Juniors R400 en Nie Lede R500. Daar sal koffie en

beskuit wees met n braai pakkie en pap vir na die skiet.

Formaat: 6 Bane 30 Skote

Geweer: Slegs een senterslag jaggeweer vir totale kompetisie.

Posisies: Sit, staan of lê met rus wat voorsien word, soos voorgeskryf op elke baan.

Die doel van die kompetisie is om werklike jagtoestande na te boots.

 

Reëls: Die kompetisie sal volgens die SAJGSV reëls aangebied word en meer inligting is

beskikbaar by www.sahuntingrifle.co.za . Geen rangefinders EN OF verkykers

word toegelaat nie. Geen eie rus of dooierus hulpmiddels/toerusting sal toegelaat

word nie. (Geen bi-pods toelaatbaar nie) Geweerbelde toelaatbaar wat geskik is

om geweer veilig te dra en wat voor sowel as agter die snellerbeul heg.

Bring saam: Geweer, lisensie, geweersak, oormowwe, 30 patrone en ekstra vir inskiet, stoel,

hoed, sonbrandolie, bosluisweerder, bring eie water, koeldrank en eetgery.

Daar sal geen koeldrank, water of kos te koop wees deur die dag nie.

 

Verblyf: Honingvalei – Stoffel Bester 078 295 4623

Kwazinungu Adventures – 082 338 4619, Hendry

Battlefields Guest House – Mariska 083 286 6384

Marlene’s Gastehuis – 082 370 4179

Volksrust Gastehuis – Morne Myburgh 082 456 828

Piet se Dam – 066 388 4267

Navrae: Elton Gross 082 388 6615.





General Gallery
SA Open 2017 223 Class
Gauteng Open 2017
Safari Outdoor SA OPE 2018
IHRSA 2018 World Shoot
SA Open and Top50 2019
Highlights of the recent SA open held in Joubertina 17-18 May 2019
Oos Kaap Ope 2019
Ko-OP Oos Kaap Ope 2019
King Price Namibia International 2021
SA Open 2021
International 15-17 September 2022
SA 223 Top 30 Championships 2023
2023 SA 223 Championships action and results.

Designed And Developed by Dreamstate Interactive